Jonk.co.za

Gelukkig en gesond

Oefenprogram met 'n twist

Oefen program eksklusief vir mans

Die Adonis Goue Verhouding is 'n interessante oefenprogram eksklusief vir mans (vir 'n program wat eksklusief vir vrouens is kliek hier). Dit is uniek omdat dit nie net fokus op harde oefening nie maar op presies watse dele van jou liggaam groter word. Dit is ook meer gefokus om baie goed te lyk en die liggaam perfek in proporsie te kry eerder as om te kyk hoe swaar kan jy optel en hoe sterk jy is.

Wie het die sisteem ontwerp?

John se eie reis na 'n aantreklike liggaam

Die sisteem is ontwerp deur John Barban. John Barban is 'n Amerikaanse dieetkundige en persoonlike afrigter vir sportsterre en atlete. John het self gesukkel met sy liggaamsbou en swak gene. Hy het 'n meestersgraad in biologie en was 'n dosent vir menslike bewegingskunde by die Universiteit van Florida in Amerika.

Meer oor die program self:

Die program strek oor 12 weke en konsentreer op die opbou van spiermassa en afbreek van vette in die beste moontlike kombinasie om jou so fris en in proporsie as moontlik te laat lyk. Jy meet ook van jou spier groepe met 'n maatband om te sien hoe in proporsie jy reeds is en om seker te maak jy is bewus van jou resultate. Jy wil nie massiewe arms he maar maer dun beentjies soos 'n kapokhoendertjie nie.

Oefening om jou in proporsie te laat groei

Die program kyk na verskillende begin proporsies van mense en jy identifiseer dan waar jy self op die stadium inval. Die doel is dan om jou natuurlike perfekte Adonis verhouding te bereik. Die program het 'n rekenaartjie op die internet waar jy jou afmetings intik en dit werk dan outomaties uit watter oefeninge jy moet doen en wat jy moet eet.

Sterkpunte van die oefenprogram:

●Persoonlik ontwerp vir jou liggaam. 

●Dit is geskik vir mense wat nuut wil begin oefen en selfs gevorderde "gymmers."

●Fokus om jou liggaam proporsies so aantreklik as moontlik te kry.

●Het 'n goeie aanlyn ondersteuningsgroep.

●Die resultate lyk rerig baie aantreklik.

●Onmiddelik beskikbaar vir aflaai van die internet af.

●Vir die wat nie tevrede is nie waarborg John jou geld terug vir 2 maande.

 

Swakpunte van die program:

•Dit is nie "magic" nie. Jy sal werklik moet oefen voor jy goed lyk.

•Dit is ongelukkig in Engels (as jy hierdie video kan verstaan sal jy nie sukkel om die program te volg nie).

•Jy benodig 'n goeie internet konneksie om dit af te laai.

Samevatting:

As jy bereid is om 'n verskil aan jou eie gewoontes te maak om sterk en fris te word is dit heel moontlik die program vir jou. As jy 'n "magic" formule soek waar jy niks hoef te doen nie en resultate sien is dit heel waarskynlik nie die program vir jou nie. Dit gaan harde werk kos maar as jy die program volg sal jy beloon word met die model lyf wat jy graag wil hê.

Adonis oefenprogram

  Kliek hier om meer uit te vind en vir afslag op die program.