Jonk.co.za

Gelukkig en gesond

In hierdie artikel kyk ons na ‘n nuwe dieetplan, die e-faktor dieet. Ons kyk of dit die media dekking werd is wat dit kry en gaan in diepte in wat die dieet behels.

In hierdie artikel:

☺ Wie het dit saamgestel?

☺ ‘n Inleiding tot die dieet

☺ Bietjie meer in diepte kykie na wat dit alles behels

☺ Kan dit vir jou werk?

☺ Voordele en nadele van die E-Faktor

☺ Waar kan jy meer daaroor uitvind

 

Wie het dit saamgestel?

was self ook oorgewig

Die skrywer van die dieet is ‘n Amerikaner, John Rowley, ‘n bekende fiksheid instukteur en dieetkundige van Amerika. Hy verskyn gereeld op televisie en gee raad oor hoe om gewig te verloor en ‘n gesonde leefstyl te handhaaf. Hy was op ‘n stadium ook self oorgewig en dit het hom gemotiveer om gewig te verloor en ook te probeer om ander te help om dieselfde te doen. Hy help deesdae Amerikaanse atlete en sportsterre met hulle gewig probleme.

 

‘n Inleiding tot die dieet:

Die e-faktor gaan oor die vier e’s van hoe om gewig te verloor en dit is ‘n tema regdeur die dieet.

  1. Die eerste e staan vir Energieke voedsel of dan “energetic food.”
  2. Die tweede e staan vir Endotermiese voedsel of “endothermic food.”
  3. Die derde e staan vir Ensiematiese voedsel of “enzymatic food.”
  4. Die vierdie e staan vir Elke Maaltyd Moet Geniet Word of dan “Enjoy ever meal.”

 Die dieet is uniek daarin dat dit erken dat almal se liggame verskil. So dit gaan nie oor om die heeltyd kalorieë te tel nie. Dit fokus op om weg te bly van kosse wat nie goed met jou liggaam saamwerk nie en om op die regte tye te eet. Die volgende beginsels word bespreek:

  • Jy kan al die proteïene eet wat jy wil.
  • Jy kan al die groentes eet wat jy wil.
  • Jy kan soveel water drink soos jy wil.
  • Bly weg van kosse waarvoor jou liggaam “allergies” is.

Die program verduidelik jou presies hoe om ‘n dieet op te stel wat by jou liggaam pas.

‘n Dieper kykie na wat die dieet alles behels en hoe dit saamgestel is

○ Die E-faktor dieet e-boek

Die e-boek praat in diepte oor die dieet en die kossoorte en hoe elkeen in jou liggaam werk. Dit het 103 bladsye en praat ook in diepte oor hoe om sukses in jou lewe te behaal met dieet. Dit is op ‘n manier geskryf wat maklik is om te verstaan.

○ ‘n Kort “Hoe om gewig te verloor” handboekie

Die kort handboekie verduidelik hoe jy oortollige gewig afskud.

○ Die inkopie gids

Dit is ‘n kort boekie wat jy kan uitprint en saamvat wanneer jy gaan inkopies doen en vir jou mooi uiteensit wat jy moet koop. Dit fokus op die tipes proteïene, groente, vrugte, koolhidrate, tipes vette en dan souse en speserye.

○ Die maaltyd beplanner

Die maaltyd beplanner is ‘n 25 bladsy beplanner wat jou help om vooruit jou etes te beplan saam met jou snacks deur die dag vir oggend, middag en aandete. Dit fokus ook op wannneer jy eet.

○ Die “Cheat Your Way Trim” eboek

Jy moet kroek in hierdie dieet. Daar is tye wat jy aspris van die dieet afwyk om jou metabolisme te versnel. Dit is ‘n 12 bladsy boekie wat vir jou verduidelik presies hoe om te “kroek.”

○ Kitskos e-gids

Verduidelik jou die goeie kitkosse plekke en tipes kos wat jy daar kan koop wat nie so nadelig sal wees vir jou dieet nie.

○ Die Smoothie e-gids

Die smoothie gids het klomp resepte in vir gesonde en lekker smoothies.

○ Energie geheim e-boek

Hierdie e-boek bevat wenke oor hoe om met natuurlike metodes jou energie op te stoot.

○ ‘n MP3 waar John praat oor hoe om jou gewrigte te herstel deur jou dieet

○ Jy kry toegang tot ‘n aanlyn gemeenskap van e-faktor kliënte op Facebook waar jy motivering kry om jou doelwitte te bereik

 Voordele van die e-faktor dieet:

  • Dit is baie goed uiteengesit met tonne voordelige inligting.
  • As jy die program geduldig volg SAL jy gewig verloor.
  • Dit is onmiddelik beskikbaar vir aflaai van die internet af.
  • Die dieet kom met ‘n 60 dae waarborg en jy kan al jou geld terug kry as jy nie tevrede is nie.
  • Dit fokus op dieper inligting as om net jou kalorieë te tel soos baie kits diëte.
  • Dit is ‘n hollistiese oplossing vir jou gewigsprobleme.

Nadele van die e-faktor dieet:

  • Dit is in engels (as jy die video kan verstaan sal jy die dieet kan volg).
  • Dit is nie ‘n kitsdieet nie en ook nie towerkunsies nie, jy moet dit volg vir dit om te werk.
  • Jy sal jou eetpatrone moet verander.
  • Jy moet ‘n stabiele internetkonneksie hê om dit te kan aflaai.

Waar kan jy meer uitvind oor die dieet?

Gaan kyk op die E-Faktor se webblad na die video wat dit ook verduidelik. Die video is ongelukkig in engels maar is oulik uiteengesit.