Jonk.co.za

Gelukkig en gesond

Die spoed van jou metabolisme is gebasseer op verskeie faktore. Gewigverlies junkies probeer altyd om hulle metabolisme so vinnig as moontlik te kry en dit is een van die belangrikste faktore wanneer jy wil gewig verloor. Vir baie gelukkige mense is dit sommer in hulle gene om ‘n vinnige metabolisme te hê. Mans het ook ‘n vinniger metabolisme as vrouens en is natuurlik geneig om baie makliker kalorieë te verbrand. Hoe ouer jy word hoe stadiger word jou metabolisme. Al kan jy nie jou gene, ouderdom of geslag beheer nie is daar ander maniere om jou metabolisme vinniger te kry.

Vinniger metabolisme

Drink Groen Tee In Plaas Van Water Tydens Oefening

Dit proe dalk nie die lekkerste in die wêreld nie maar deur groen tee te drink kan jy jou metabolisme aansienlik vinniger laat werk as gevolg van die kaffeïen wat dit bevat. Deur tussen 500ml en 1 liter groen tee te drink kan jy jou metabolisme met ongeveer 20% vinniger maak terwyl jy matige oefening doen.

Drink Meer Koffie

Koffie maak jou metabolisme vinniger vir dieselfde rede wat groen tee dit doen: as gevolg van die kaffeïen wat dit bevat. Dit kan ook jou vermoë verbeter tydens oefening en dit proe beter as groen tee :).

Vervang ‘n paar van jou koolhidraat kosse met proteïen kosse

Dit is meer werk vir jou liggaam om proteïene te verbrand as wat dit is om koolhidrate te verbrand. Dit gebruik dan ook meer kalorieë in die hele proses. ‘n Paar goeie vorme van proteïene is alle vis, bees en skaap vleis wat nie te veel vet aan het nie, hoender, neute, eiers ens.

Oefen harder en bou spiere

Deur harder oefeninge te doen maak jy jou metabolisme aansienlik vinniger, veral in die paar ure na ‘n lekker draf, gym of muurbal sessie. Jou liggaam benodig meer energie as gevolg van die klomp beweging wat jy doen en brand daarom vinniger kalorieë. Deur spiere op te bou in die gym gaan jou liggaam ook meer kalorieë verbrand, selfs wanneer jy sit en niks doen nie omdat groter spiere selfs in rus energie gebruik. Elke kilogram spiermassa gebruik omtrent 12 kalorieë per dag in rus toestand.

Einde van deel 1