Jonk.co.za

Gelukkig en gesond

'n Dieet Plan wat rerig kan werk?

Dieet spesiaal vir vroue-large

Die Venus Faktor dieet is 'n revolusionêre dieet wat spesiaal vir vrouens ontwerp is, jammer manne (vir een spesiaal vir mans kliek op hierdie skakel). In hierdie artikel kyk ons in diepte na wat dit 'n so 'n suksesvolle dieet maak. Die artikel is soos volg uiteengesit:

·         Wat is die Venus Faktor Dieet?

·         Wie is die skrywer van die Venus Faktor Dieet?

·         Hoe werk dit?

·         Die verskillende komponente waaruit die dieet bestaan

·         Werk dit rêrig en watse resultate kan ek verwag?

·         Wat is die voordele en nadele van die dieet?

·         Is daar wetenskaplike studies wat dit ondersteun?

·         Sal die dieet vir jou werk?

·         Is dit 'n moeilike program om te volg?

 

·         Wat is die Venus Faktor Dieet?

Die Venus Faktor of "Venus Factor" in engels is 'n dieet wat spesiaal vir vrouens ontwerp is deur 'n bekende Amerikaanse dieetkundige John Barban. Hy het dit vir sy suster ontwerp na hy gesien het hoe sy self sukkel met haar eie gewig. Dit is 'n 12 week lange program en dit fokus op hoe om die hormoon balans in die liggaam wat jou aptyt en gewigsverlies beïnvloed reg te stel. Dit is ontwerp om jou metabolisme vrouens se metabolisme vinniger te maak.

John se sussie Lisa het erg gesukkel om gewig te verloor en dan af te hou:

Voor

Lisa na die Venus Faktor:


Na-large


Baie vroue volg diëte wat werk vir mans maar nie vir vrouens en word dan teleurgestel. Dit is omdat ons liggame drasties verskillend is van mans.

Die venus faktor dieet sluit 'n oefen program in wat spesiaal vir vrouens ontwerp is. Dit kan ook binne jou huis gedoen word in plaas daarvan om gym toe te gaan.



·         Wie is die skrywer van die Venus Faktor Dieet?

Dit is geskryf deur die amerikaanse dieetkundige John Barban. Hy het dieetkunde in Kanada geswot en is 'n bekende afrigter vir yshokkie atlete. Hy het ook 'n Amerikaanse bewegingskunde graad en is 'n professor van bewegingskunde by die Universiteit van Florida in Amerika.



·         Hoe werk hierdie dieet fisies in die vrou se liggaam?

Daar is 'n hormoon met die naam Leptien wat veroorsaak dat ons liggame vet verbrand. Hoë Leptien vlakke veroorsaak dat jou liggaam vinnig vet verbrand. Lae Leptien vlakke veroorsaak dat jou metabolisme stadiger is en sukkel om vet te verbrand.

Vrouens se liggame is gewoonlik minder sensitief vir die hormoon en dit is die rede hoekom hulle meer sukkel om gewig te verloor. Verder wanneer jy op 'n dieet is skei jou liggaam minder Leptien af en raak jou liggaam weerstandig teen meer gewigsverlies.

Die oplossing wat hierdie dieet dan lewer is dit maak dat jou Leptien vlakke vermeerder en dit baie makliker maak om dan gewig te verloor. Saam met 'n oefenprogram begin jou liggaam dan saam met jou te werk in plaas van teen jou.

Dit gaan daaroor dat jou liggaam basies deur die twaalf week program jou metabolisme programmeer om nie meer teen jou te werk wanneer jy gewig probeer verloor nie.



·         Die verskillende komponente waaruit die dieet bestaan:

1.       Die dieetplan self

2.       'n Oefenprogram spesiaal vir vrouens uitgewerk wat jy in jou huis kan doen.

3.       Klomp afrigting videos van John wat oor oefening wenke en tegnieke gaan.

4.       'n Paar ander bonusse soos toegang tot John se podcast radioprogram en toegang tot 'n hele forum van ander vrouens van reg oor die wêreld wat probeer gewig verloor wat mekaar motiveer.

die program

 

·         Werk dit rêrig en watse resultate kan ek verwag?

Die dieet werk rêrig. Omdat elke vrou se liggaam anders is is dit moeilik om presies te sê wat jou resultate gaan wees. Party vrouens verloor 10 kilogram in die eerste twee maande en ander verloor 25 kilogram in die eerste twee maande. Hoe harder jy oefening met die dieet kombineer hoe vinniger gaan dit vir jou werk. Maar die punt is nie om net korttermyn gewig te verloor en dan weer alles op te tel nie. Die punt is om vir jouself 'n langtermyn bate met jou liggaam te bou waarop jy trots kan wees.

Voor en na fotos die venus faktor dieet
Julie Johnson se resultate





·         Positiewe en negatiewe aspekte van die dieet



Die positiewe aspekte is die volgende:

1.       Dit is nie 'n dieet wat net op minder eet fokus nie maar op jou hormone en hoe om jou liggaam te rehabiliteer om saam met jou te werk in plaas daarvan om teen jou te werk.

2.       Dit gee 'n konkrete plan oor hoe om jou hele liggaam te verander sodat jy kan goed voel oor elke deel van jou lyf. Dit is makliker om beter keuses te maak as jy 'n goeie selfbeeld het.

3.       Dit is gebasseer op wetenskaplike studies wat John in diepte nagevors het en daarom kan ons vertrou dat dit werk.

4.       Die Venus program fokus op jou hele lyf se transformasie.

5.       Die oefenprogram is in detail uiteengesit en so ontwerp dat jy nie onnodig geld op 'n gym te spandeer nie.

6.       Die program het 'n ondersteuningssisteem wat hulle kliënte se vrae binne 24 uur antwoord.

7.       Die program kom saam met 'n 60 dae waarborg waar jy al jou geld sal terug kry as jy nie tevrede is nie.

8.       Die program is in 'n digitale formaat so jy kan dit dadelik aflaai sonder om te wag dat dit in die pos hoef te kom (groot voordeel met SA se swak posdiens) en sonder om ekstra posgeld te betaal.

Die negatiewe aspekte is die volgende:



1.       As jy net vir 'n vinnige program gesoek het wat jou 'n paar kilogram laat verloor in 'n week is hierdie program dalk oor-ingewikkeld. Hierdie program gaan oor totale liggaamstranformasie.

2.       Jy moet gemotiveerd bly en die program volg. Dit help nie jy spring rond van program na program voor jy dit ordentlik probeer het nie. Dis hier waar jy 'n rustigheid in jou siel moet hê en vertrou dat dit sal werk sonder om die heel tyd vir 'n "magic" formule iewers te soek.

3.       Dit is net vir vroue. Jammer manne, maar daar is oorgenoeg diëte en oefenprogramme spesiaal vir julle! Hier is 'n baie goeie program vir mans.

4.       Jy moet 'n werkende internet konneksie hê om die oefenprogram te kan aflaai op jou rekenaar.

5.       Die program is in engels.

 

·         Is daar wetenskaplike studies wat die data ondersteun?

Ja daar is baie. Google net "Leptin" en jy sal duisende resultate sien. Hier is 'n paar skakels na studies wat gedoen is:

www.precisionnutrition.com/leptin-ghrelin-weight-loss

www.centennial.rucares.org/index.php?page=Discovery_Leptin

https://en.wikipedia.org/wiki/Leptin

 

·         Sal die dieet vir jou werk?

As jy gemotiveerd is ja. Jy moet die wil hê om gewig te verloor en jou liggaam en selfbeeld te verbeter. Die program vereis dat jy drie keer 'n week oefening moet doen. As jy bereid is om dit te doen kan dit uitstekende resultate vir jou oplewer.

 

·         Is dit 'n moeilike dieet om te volg?

Dit is nie 'n moeilike program om te volg nie. Dit is baie goed uiteengesit en alles word stap vir stap vir jou verduidelik.

 

Samevatting:

baie mooi

My samevatting van die program is dat dit rêrig die antwoord kan wees waarvoor klomp vrouens gesoek het. Vat dit stadig en kry daaglikse klein oorwinnings om op trots te wees in plaas daarvan om te opgewonde oor iets te raak. Hierdie is nie "magic" nie. Dit is net 'n middel tot 'n doel. Hier is 'n skakel na die program se webblad met 'n video op wat jou kan help om die dieet nog beter te verstaan en of dit vir jou is: Kliek Hier.

Kyk eers die video voor jy haastige besluite maak om sommer in iets in te spring:billionphotos-2487239 copy