Jonk.co.za

Gelukkig en gesond

Ons kyk vandag na die belangrikste faktor van wat suksesvolle van onsuksesvolle mense skei as dit by dieet kom. Dit is baie keer meer ‘n “mind over matter” ding eerder as harde oefening of niks eet nie. En wat ek daarmee bedoel is dié mense wat baie keer die graagste wil gewig verloor sukkel die meeste.

Die rede hiervoor is dit hulle soveel energie mors om te fokus op hoe ontevrede hulle met hulle lyf is. Of hulle nou te groot voel en of hulle baie selluliet het of watter negatiewe aspek dit okal kan wees. Om jou heeltyd te bekommer oor hoe jy lyk mors energie en dit vat die wind uit jou seile uit. Dit bring jou selfdissipline af na nul.

Jy is meer werd as wat jy in die spieël sien

Lost and Gained weight

Baie keer sal jy sien (en ek merk hierdie veral by mans op) dat mense wat nie vreeslik bekommerd is oor hulle gewig nie maklik gewig verloor wanneer hulle net die besluit maak om minder te eet. Hulle maak die besluit en hulle hou daarby.

Die probleem kom in wanneer jy jou hele selfwaarde en selfbeeld heg aan die weerkaatsing wat jy van jouself in die spieël sien. Vrouens dink dit is die alfa en omega om ‘n mooi slanke lyf te hê. Mense wat sukkel met hulle gewig maak die fout om te dink dat almal verder rondom hulle wat maer is outomaties gelukkiger is as hulle. Hierdie is nie die waarheid nie, ons almal het probleme. En hoe gouer jy kan besef dat jy nooit perfek gaan wees nie hoe beter.

Daarmee sê ek nie dat jy moet ophou probeer nie maar hou op om jou hele hart en siel op jou resultate wat jy op die skaal sien te werp. As jy kan ophou obsessief wees oor jou gewig sal dit maklik gaan. “MAAR HOE DE HEL HOU EK OP OBSESSIEF WEES OOR MY GEWIG” kan ek jou sommer hoor vra. Baie mense lag vir my antwoord want dit is vir hulle net te eenvoudig om te aanvaar maar my antwoord bly dieselfde: Fokus op God se liefde vir jou ten spyte van jou “struggles” en mislukkings. As jy weet iemand is onvoorwaardelik, rerig onvoorwaardelik lief vir jou gee dit jou die krag om stadig te begin om daaglikse vordering te maak.

Die Here jou God is by jou,Hy, die krygsman wat red.Hy is vol vreugde oor jou,Hy is stil-tevrede in sy liefde.Hy jubel en juig oor jou. – Sefanja 3:17

Stadige vordering

En dit bring my by my tweede punt, ek kan nie dit genoeg benadruk hoe belangrik stadige vordering is nie. Ons liggame raak hardkoppig as dit kom by verandering. Het jy al ooit met ‘n nuwe oefen program begin en die eerste twee dae is verskriklik lekker want jy is nog opgewonde oor die verandering wat jy in jou lewe bewerkstellig? En dan hier by die derde dag is dit ‘n hele worstelling om net aan die oefen program te dink? Gevolglik kom jy nooit by die oefening uit nie en jy voel skaam en teleurgesteld.

Jou hele probleem is dat jy nie stadig begin vordering maak het nie. Ons beplan ons doelwitte vir té korttermyn. Dink in terme van ‘n jaar en begin stadig, SKILPAD STADIG. Vat ‘n nuwe dieet en oefen plan en begin daaraan werk om oor ‘n jaar die ding behoorlik te kan doen. Volg die plan wat uiteengesit is deur die “expert” maar deel dit in in mini doelwitte op. Die oomblik as jy begin moedeloos voel doen bietjie minder maar hou aan vordering maak.

Vir ‘n plan wat spesiaal opgestel is vir vrouens en met ‘n langer termyn oogmerk kan hierop kliek. Vir ‘n program vir mans kan jy hierop kliek.